Groot Hond | ||||
Latynse naam | Canis Major | |||
Genitief | Canis Majoris | |||
Afkorting | CMa | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 7h | |||
Deklinasie | -20º | |||
Grootte | 380 vk. grade (43ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 8 | |||
Helderste ster | Sirius (α CMa) | |||
Naaste ster | Sirius | |||
Sterre helderder as 3 m | 5 | |||
Sterre met planete | 6 | |||
Messier-voorwerpe | 1 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 32 | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Eenhoring, Haas, Duif, Agterdek | ||||
|
Die Groot Hond (Latyn: Canis Major) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word beskou as een van die Jagter se twee jaghonde; die ander een is die Klein Hond.
Die Groot Hond bevat Sirius, die helderste ster aan die naghemel wat deel is van die sterrepatroon die Somerdriehoek in die Suidelike Halfrond (of Winterdriehoek in die Noordelike Halfrond. Dit is ook die Groot Hond se neus.